Leer ken jou hart
‘n Persoon se pols, of hartslag, kan aan ‘n aantal slagare in die liggaam gevoel word. Die bekendste is die polsslagaar, maar ander sluit in die halsslagaar, armslagaar, liesslagaar en enkelslagaar.
‘n Persoon se pols, of hartslag, kan aan ‘n aantal slagare in die liggaam gevoel word. Die bekendste is die polsslagaar, maar ander sluit in die halsslagaar, armslagaar, liesslagaar en enkelslagaar.
‘n Goed-gebalanseerde dieet, saam met oefening, word belangrik geag om gesondheidsrisiko’s soos vetsug, hartsiektes, tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en kanker te verminder.
Obese mense verbruik deurgaans meer energie as hul slanke eweknieë, vanweë die hoeveelheid energie wat die instandhouding van ‘n groter lyf verg. Nietemin is vetsug een van die ernstigste gesondheidsprobleme van die 21ste eeu.
n Beroerte is ‘n mediese noodgeval wat permanente neurologiese skade, of selfs die dood, kan veroorsaak.
Diabetes mellitus word suikersiekte in die volksmond genoem. Twee wanopvattings is dat mens die siekte opdoen deur te veel suiker in te neem, en tweedens dat mens geen suiker mag inneem as mens die siekte onderlede het nie.
Hipertensie wat nie behandel word nie is ‘n risikofaktor vir beroertes, hartaanvalle en arteriële aneurismes, en is ‘n belangrike oorsaak van chroniese nierversaking.