DIENSTE

OMVATTENDE MEDIESE SORG IS ONS PRIORITEIT

Orania se snelle groei beteken dat basiese mediese dienste – soos deur die plaaslike staatskliniek aangebied – nie genoeg is nie. Jong gesinne met klein kindertjies en tieners, enkellopendes, getroude paartjies, en toenemende getalle afgetredenes vestig hul hier.

Daarom ontwikkel ons ‘n omvattende mediese program om na die uiteenlopende ouderdomsgroepe om te sien. Die mediese sorgsentrum in Orania word tans pro-aktief uitgebrei om Orania se huidige en toekomstige groei te akkommodeer.

Orania se demografiese profiel toon dat mense van alle ouderdomme hul nou hier welkom voel.

Orania verwelkom gesinne as die kerneenheid van volhoubare groei. Dit beteken egter nie net meer kinders nie, maar ook dat meer grootouers hul hier kom vestig.”


DIENSTE

ALGEMENE PRAKTISYN

Voortreflike kennis van ‘n magdom mediese toestande is noodsaaklik vir ‘n algemene praktisyn in die platteland. Spesialiste is skaars en ver, en pro-aktiewe sorg is noodsaaklik.

APTEKER

‘n Goed toegeruste apteek is onmisbaar in Orania met sy snelgroeiende bevolking. Ons gekwalifiseerde apteker voorsien kundige advies.

24-UUR NOODDIENS

In Orania is ons kinders nog kinders. Hulle woel en eksperimenteer. Volwassenes is aktief en werk dikwels in die buitelug. Daarom bied ons ‘n voortreflike nooddiens.

PATOLOGIE

Akkurate diagnose en beheer van beide akute en chroniese siektetoestande aangebied in vennootskap met Pathcare

MEDIESE FONDS

Ons plaas uitstekende basiese gesondheidsorg binne die finansiele bereik van talle wat dit andersins nie sou kon bekostig nie.

CHRONIESE SORG

Studies bewys die direkte verband tussen goeie bestuur en beheer van chroniese siektetoestande en die lewenskwaliteit van pasiente.

Scroll to Top