‘n Gesonde dieet en dieetterapie

‘n Gesonde dieet ondersteun energiebehoeftes en voorsien menslike voeding sonder blootstelling aan toksisiteit of gewigstoename as gevolg van oormatige hoeveelhede kos. Dit moet verkry word uit ‘n verskeidenheid van plant-gebaseerde en dier-gebaseerde voedsel. ‘n Goed-gebalanseerde dieet, saam met oefening, word belangrik geag om gesondheidsrisiko’s soos vetsug, hartsiektes, tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en kanker te verminder.

Dieetterapie is die maak van dieetkeuses spesifiek om jou gesondheid en immuniteit in stand te hou en swak gesondheid te verbeter. Die idee is baie oud en bevat deesdae beide die moderne wetenskap (mediese voedingsterapie) en voor-wetenskaplike vorme van terapie. Voedingsetikette is verpligtend in sommige lande en stel verbruikers in staat om kos te kies gebaseer op die bestanddele wat ter sake is vir gesondheid.

‘n Gesonde dieet

‘n Gesonde dieet is laag in energie-digtheid en bied beskerming teen siektes, bevorder algemene gesondheid te bevorder, en verminder die risiko van chroniese siekte. Kies daarom voedsel met die oog op die maksimum noodsaaklike mikronutriënte, vitamiene en sekere minerale.’n Daaglikse mulivitamien aanvulling hou potensiële gesondheidsvoordele in.

‘n Ongesonde dieet

‘n Ongesonde dieet is ‘n risikofaktor vir talle chroniese siektes soos hoë bloeddruk, diabetes, abnormale bloed lipiede, oorgewig/obesiteit, kardiovaskulêre siektes en kanker. Die Westerse dieet is oor die algemeen ongesond: dit is ryk aan rooivleis, verwerkte en kunsmatig versoete kosse, sout, en preserveermiddels, en bied oor die algemeen slegs ‘n minimale inname van vrugte, groente, vis, peule, en volgrane.

Die WGO skat dat 2.7 miljoen sterftes elke jaar toegeskryf kan word aan ‘n dieet wat laag is in vrugte en groente. Wêreldwyd veroorsaak dit na raming sowat 19% van maagkanker, 31% van iskemiese hartsiekte, en 11% van beroertes, wat dit een van die leidende voorkombare oorsake van dood wêreldwyd maak. Kenners regoor die wêreld stem breedweg saam oor die belangrikheid van die volgende dieetbeginsels:

Noodsaaklike voedings-elemente

  • vloeistof
  • voldoende essensiële aminosure afkomstig van proteïen
  • essensiële vetsure
  • vitamiene
  • minerale
  • voldoende kalorieë.

Kenners oor die wereld se ‘JA’ lysie:

  • Eet naastenby dieselfde hoeveelheid kalorieë as wat jou liggaam verbruik, nie meer of minder nie.
  • U dieet moet hoofsaaklik uit onverwerkte, veselryke plantkosse bestaan
  • Plaas die klem op volgrane, peulgewasse, en styselvrye vrugte en groente.
  • Eet ‘n wye verskeidenheid en vermy eentonigheid, en doen ook moeite om verskillende kleure groente en vrugte in te neem. Verskillende kleure vrugte en groente soos bv. rooi, oranje, wit, geel, pers en groen voorsien vesel en ‘n wye verskeidenheid vitamienes, minderale, en fitonutriente.
  • Vermy wit stysels soos pasteie en fyngebak en verwerkte kosse.
  • Verminder rooivleis inname sodat proteïen van ander goeie bronne ingeneem word soos vis, pluimvee, neute en bone.
  • Verminder of vermy inname van verwerkte vleis vanwee die langtermyn skadelikheid van sulfiete en ander preserveermiddels
  • Vermy transvette in kos.
  • Neem genoeg gesonde vette soos plantolie, neute en vis in.
  • Water is die beste bron van vloeistof. Beperk die inname van sap en melk, koeldrank, koffie en tee
  • Beperk soutinname deur meer vars voedsel as verwerkte voedsel te eet.
  • Matige gebruik van alkohol kan gesondheidsvoordele inhou, maar is geensins noodsaaklik nie.
  • Vermy voedsel wat besmet is met menslike patogene (bv. E. coli, lintwurm eiers).

Gewigsbeheerdiëte

Diëte wat gewigsverlies bevorder het ten doel om gekontroleerde gewig te handhaaf. In die meeste gevalle word die dieet in kombinasie met fisiese oefening gedoen om gewig te verloor in diegene wat oorgewig of vetsugtig is. Sulke diete word in vier kategorieë verdeel:

  • lae-vet
  • lae-koolhidraat
  • lae-kalorie
  • baie lae-kalorie

‘n Meta-analise van ses ewekansige gekontroleerde proewe het bevind dat daar geen verskil is tussen die belangrikste dieet-tipes (lae-kalorie, lae koolhidraat, lae vet) nie, met ‘n 2- 4 kilogram gewigverlies in alle studies. Vind die dieet wat vir u werk, en kombineer ‘n beter, gesonder dieet met gereelde oefening en ‘n aktiewe lewenstyl.

Suiker is tog nie so soet nie…

Beperk die inname van suiker vir beide volwassenes en kinders. Suiker word gereken as ‘n faktor in ‘n menigdom siektes en chroniese toestande en bied geen voordeel wat nie vanuit ander voedselbrone verkry kan word nie.

  • Veral kinders moet minder as 25 gram bygevoegde suiker per dag inneem.
  • Kinders onder 2 jaar behoort geen ekstra suiker inneem nie.
  • Kinders behoort minder as een gaskoeldrank per week in te neem.
  • Kinders behoort geen hoe-energie drankies soos Red Bull in te neem nie.

Beperk die inname van suiker vir beide volwassenes en kinders. Suiker word gereken as ‘n faktor in ‘n menigdom siektes en chroniese toestande en bied geen voordeel wat nie vanuit ander voedselbrone verkry kan word nie.


Wikimedia Foundation Wikipedia

Scroll to Top