Breinvliesontsteking: het my kind net hoofpyn of is dit meningitis?

Breinvliesontsteking (meningitis) is die ontsteking van die lagies weefsel wat om die brein en ruggraat voorkom. Die siekte staan ook bekend as harsing-en-rugmurgvliesontsteking, harsingvliesontsteking, rugmurgvliesontsteking en nekkramp. Daar is ‘n paar soorte meningitis infeksies, en een soort kan dodelik wees. Dit is noodsaaklik dat die oorsaak (hetsy viraal of bakterieël) dringend geidentifiseer moet word om ‘n behandelingsplan te ontwikkel.

Oorsake van Meningitis

Bakteriële meningitis (die dodelike een)

Bakteriologiese breinvliesontsteking is lewensgevaarlik en kan tot die dood lei as dit nie vinnig behandel word nie. Bakteriële infeksie van die sentrale senuweestelsel geskied en versprei baie vinnig en mag binne enkele dae lei tot skok en dood. Indien ‘n bakteriële meningitis opgedoen is, bestaan daarbenewens die gevaar van permanente breinskade. Dit is krities om die siekte korrek te diagnoseer en onmiddellik te behandel.

Ernstige gesondheidskomplikasies mag opgedoen word. Sonder behandeling ontstaan risiko’s soos permanente neurologiese skade, gehoorverlies, verlies van spraak, leergestremdheid, gedragsprobleme, breinskade en selfs verlamming. Nie-neurologiese komplikasies sluit in versaking van die niere en byniere.

Akute bakteriële meningitis ontwikkel gewoonlik wanneer bakterieë die bloedstroom binnedring en migreer na die brein en rugmurg. Oorinfeksie, sinus-infeksie en selfs ‘n kopbeenfraktuur kan meebring dat bakterieë die meninges direk binnedring en meningitis aanbring. Tipes bakterie wat elkeen bakteriële meningitis kan veroorsaak:

  • Streptococcus pneumoniae (pneumococcus)
  • Neisseria meningitides (meninigococcus)
  • Haemophilus influenzae (haemophilus)
  • Listeria monocytogenes (listeria)

Hierdie soort bakteriele breinvliesontsteking is hoogs aansteeklik en kan oorgedra word deur met selfs klein druppels besmette liggaamsvloeistowwe in aanraking te kom. Dit kan versprei deur iemand te soen, ‘n nies, hoes, eetgerei, of deur sigarette te deel.

Simptome van bakteriële Meningitis:

Nie alle simptome kom noodwendig by elke pasiënt voor nie. Die aanvanklike simptome stem ooreen met griepsimptome en word maklik daarmee verwar. Simptome ontwikkel oor ‘n kort periode van tot 2 dae en sluit die volgende in:

  • Naarheid of braking.
  • Erge hoofpyn en hoe koors (39+)
  • Stywe nek (kom minder voor by jonger kinders). Die ken kan nie aan die bors raak nie vanweë die stywe nek.
  • Verwardheid, of verminderde konsentrasievermoë. By jong kinders mag ‘n onvermoë om oogkontak te maak waargeneem word
  • Ligsensitiwiteit van die oë (kom minder voor by jonger kinders).
  • Lomerigheid, slaperigheid of traagheid om wakker te word uit slaap
  • Lighoofdigheid of verwardheid.
  • Gebrek aan belangstelling in voedsel en drank
  • Sametrekkings / stuiptrekkings.
  • Veluitslag (in die geval van virale meningitis)

Ander vroeë tekens en simptome wat aanduidend is van infeksie sluit in: pyn in bene, koue hande en voete en abnormal-bleek velkleur. (Hierdie simptome dui bloot op ‘n infeksie in die liggaam, nie noodwendig op ‘n toestand van mengitis nie).

By vroeggeborenes en kleuters mag die volgende tekens waargeneem word:

  • Konstante huil
  • Ongewone slaperigheid of geirriteerd
  • Swak eetlus.
  • Soms mag die sagte area op ‘n kleuter se kop uitbult.
  • Spasmas en stuipe

Behandeling van bakteriële breinvliesontsteking

Dit is uiters belangrik om dadelik mediese hulp te kry. Behandeling kan effektief wees as dit in die vroeë stadium van die siekte toegepas word. Hoe vroeër die pasiënt gediagnoseer word, en die oorsaak van die meningitis geïdentifiseer word, hoe beter is die kans op volkome herstel. Tipies word antibiotikum toegedien (binne-aars vir snelwerking), en verder moet die koors en spierpyne behandel word. Die geneesheer moet ook die druk op die brein, wat weens swelling voorkom, behandel, asook behandeling teen toeval, sametrekkings en stuiptrekkings.

Infeksiebeheer en voorkoming van oordrag

Verspreiding van hierdie uiters aansteeklike siekte vind plaas deur hoes, nies, soen en self gemeenskaplike gebruik van eetgerei, ‘n tandeborsel of ‘n sigaret. Persoonlike higiëne is noodsaaklik om blootstelling aan infeksiegeleiers uit te skakel. Was hande voor etes en na gebruik van die toilet, na blootstelling aan ‘n publieke omgewing, en na kontak met diere. Handhaaf en bou die immuunstelsel deur voldoende rus (slaap), gereelde oefening, gesonde dieet met vars vrugte, groente en volgraan. Swanger vroue moet verseker dat vleis goed gaar is en skakel kaas wat van ongepasteuriseerde melk vervaardig is, uit.

Immunisering: Sommige vorme van meningitis kan voorkom word deur immunisering: Jong kinders volg ‘n inentingsprogram vanaf ouderdom 2 jaar of ouer. Voorheen het die meeste gevalle voorgekom by kinders tot ouderdom 5 jaar. Heersende kinder-inentingsprogramme het egter meegebring dat gevalle van meningitis deesdae merendeels in jong persone tussen 15 tot 24 voorkom. Ouer volwassenes ervaar ook ‘n groter insidensie.


Ander soorte meningitis- nie so dodelik as bakteriële meningitis nie

Virus-verwante breinvliesontsteking veroorsaak baie ongerief, maar is in die meeste gevalle nie lewensgevaarlik nie.

Virus-verwante breinvliesontsteking veroorsaak baie ongerief, maar is in die meeste gevalle nie lewensgevaarlik nie. Mense wat opdoen herstel ook vinnig sonder veel nagevolge. Dit is glad nie aansteeklik nie en kan nie oorgedra word deur een persoon na ‘n ander nie. Virale meningitis is gewoonlik ‘n matige toestand en klaar binne 10 dae op. Enterovirale virusse wat maaggriep veroorsaak bring die meeste gevalle van virale meningitis mee. virusse sirkuleer gedurende somer en vroeë herfs.

Simptome van virale meningitis:

  • Seer keel
  • Gewrigpyne
  • Erge hoofpyn.

Chroniese meninigitis

Volgehoue meningitis kom voor wanneer stadig-groeiende organismes die kritieke areas van die meninges binnedring. Hierdie toestand ontwikkel oor ‘n tydperk van tot 4 weke. Dit is ‘n skaars vorm van meningitis. Die tekens en simptome stem ooreen met akute meningitis.

Fungale meningitis

Fungale meningitis is seldsaam en meestal goed behandelbaar.

Wikimedia Foundation Wikipedia

Comments are closed.

Scroll to Top