Klem-in-die-kaak en beserings

Wanneer komplikasies intree ná ‘n besering, kan dit klem-in-die-kaak (tetanus) veroorsaak. Hoewel daar op groot skaal teen hierdie siekte ingeënt word, kom dit tog dikwels voor omdat die immuniteit slegs van korte duur is. Klem-in-die-kaak word veroorsaak deur die bakterie Clostridium tetani wat sonder suurstof kan groei en in die grond beland, waar dit wyd voorkom. Die baterieë vorm spore en kan lank in die grond of in vullis aan die lewe bly.

Klem-in-die-kaak, oftewel Tetanus

Klem-in-die-kaak of tetanus is ‘n nie-aansteeklike siekte wat deur bakteriese toksien of gifstof (neurotoksien tetanospasmin) veroorsaak word. Die senuweestelsel van hoofsaaklik perde en skape asook mense, plaasdiere en soms ook honde en katte, word aangetas.

Die tetanus bakterie vervaardig ‘n gifstof wat die sentrale senustelsel aantas en verhoogde spierspanning veroorsaak, wat in die begin veral die kaakspiere aantas. As die slukderm en asemhalingspiere aangetas word, kan dit noodlottige gevolge hê.

Uitwerking en simptome

Tetanus kan pynlike spierspasmas in die kou- en nekspiere van mense veroorsaak. Spasmas mag ernstig genoeg wees om beenbrekings te veroorsaak. Ander simptome van tetanus kan koors, sweet, hoofpyn, sluk probleme, hoë bloeddruk, en ‘n vinnige hartklop insluit. Aanvang van simptome is tipies drie tot een-en-twintig dae na infeksie. Herstel kan maande duur. Sowat tien persent van die gevalle is noodlottig.

Oorsaak en diagnose

Tetanus word veroorsaak deur ‘n infeksie met die bakterie Clostridium tetani, wat algemeen voorkom in grond, speeksel, stof en mis. Die bakterieë kom gewoonlik deur ‘n breek in die vel, soos ‘n sny of ‘n wond deur ‘n besmette voorwerp. Dit produseer gifstowwe wat inmeng met normale spierkontraksies. Diagnose is gebaseer op die aanbiedstekens en simptome. Die siekte versprei nie tussen mense nie.

Behandeling

Sodra ‘n mens ‘n besering opdoen, moet hy teen hierdie siekte ingeënt word om die liggaam se immuniteit weer op die regte vlak te bring. Klem-in-die-kaak word met medisyne wat spierkrampe teëwerk, behandel.

Hoe gevaarlik is Tetanus?

In 1990 het Tetanus 356,000 sterftes veroorsaak. Tetanus, veral die neonatale vorm, bly steeds ‘n belangrike openbare gesondheidsprobleem in nie-geïndustrialiseerde lande. Tot 59,000 pasgebores het wêreldwyd in 2008 sterf as gevolg van neonatale tetanus.

As gevolg van wyd-beskikbare immunisasie het Tetanus teen 2013 slegs ongeveer 59,000 sterftes jaarliks veroorsaak. In die Verenigde State, vanaf 2000 tot 2007 is gemiddeld 31 gevalle per jaar gerapporteer. Byna al die gevalle in die Verenigde State kom voor by ongeïmmuniseerde individue of individue wat hul inentings toegelaat het om te verval.

Wikimedia Foundation Wikipedia

Scroll to Top